Huis van Windsor | |
---|---|
Land | Verenigde Koninkryk |
Statebondslande | Antigua en Barbuda Australië Bahamas Belize Grenada Jamaika Kanada Nieu-Seeland Papoea-Nieu-Guinee St. Kitts en Nevis St. Lucia St. Vincent en die Grenadine Salomonseilande Tuvalu |
Stam af van | Huis van Sakse-Koburg en Gotha, ’n tak van die Huis van Hannover |
Stigter | George V |
Gestig | 1917 |
Huidige hoof | Charles III |
Die Huis van Windsor is die huidige koningshuis van die Verenigde Koninkryk en 'n aantal van die ander Statebondslande. Dit is in 1917 deur George V gestig en is een van die min dinastieë wat tegelykertyd oor al die kontinente van die wêreld geheers het. Die huidige hoof is Charles III.